E-tol was ‘wit olifant’

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy is in afwagting op ‘n amptelike verklaring deur die departement van vervoer wat ‘n aankondiging deur die Gautengse LUR vir vervoer, Jacob Mamabolo, sal bevestig dat e-tol geskrap is. Die omstrede stelsel was vir meer as ‘n dekade ‘n wit olifant met inwoners wat vasberade was dat hulle nooit e-tolfooi sal betaal nie. Outa was ‘n voorstander vir die regte van padgebruikers teen verskeie pogings deur die regering om motoriste te dwing om pa te staan vir die mult-miljard-rekening. ‘n Woordvoerder van Outa, Wayne Duvenhage, sê hulle het ‘n intense stryd teen die stelsel gevoer.