Dwelmsmous kry 9 jaar

Streekslanddros Justine Asino het die dwelmsmokkelaar Bruno Bastos, 41, nege jaar agter tralies gesit. Bastos het op 1 November 2021 met ‘n kilogram kokaïen in sy maag op Hosea Kutako Internasionale Lughawe aangekom vanaf Brasilië. Hy het 98 sakkies van die dwelm, met ‘n straatwaarde van 343 000 Namibiese dollar gesluk. Luidens berigte het owerhede in Brasilië Namibiese owerhede ingelig dat hulle vermoed hy dra dwelms. Bastos sê hy sou 2 000 Amerikaanse dollar vir die vervoer verdien het en daarom het hy dit gedoen.