Dwelmman in die hof

‘n Vermeende dwelmhandelaar het in die Grootfontein Landdroshof verskyn op verskeie klagtes wat die besit van dwelms en onwettige sigarette insluit. Die 45-jarige Alfeus Yembe is gevang by die Rooidag-hek naby Tsumkwe met Yes sigarette ter waarde van 28 000 Namibiese doller sowel as 47 kilogram dagga met ‘n straatwaarde van 47 600 doller. Yembe het aangedui dat hy homself sal verdedig. Dit is volgens die staat die tweede keer wat Yembe op dieselfde klag aangekeer word en het borg teengestaan. Hy is borg geweier en die polisie se ondersoek duur voort.