Voordele vir intelligensie hoof in die nuus

Die Namibiese Minister van Veiligheid en Sekuriteit Frans Kapofi het die voordele wat die voormalige Hoof van die Intelligensie Diens Lucas Hangula ontvang het verdedig. Hangula ontvang ‘n bybetaling op sy maandelikse pensioen betaling en het selfs ‘n nuwe voertuig ontvang. Kapofi sê die voordele is deur die Openbare Dienskommissie goedgekeur. Maar die Politieke Ontleder Dr Ndumba Kamwanyah sê dit weerspieël nie die situasie op grondvlak nie.