Dwelmgebruik in Ohangwena-streek neem toe

Die Namibiese polisie in die Ohangwena-streek het vanjaar dwelms ter waarde van 1,7 miljoen Namibiese dollar gekonfiskeer. Dit is onthul tydens ‘n anti-dwelm bewusmakingsveldtog in Ongenga deur die nie-winsgewende organisasie Fighting Against Drug Use in Villages. Die organisasie se stigter, Martha Namhadi, sê dwelmgebruik is aan die toeneem, veral onder jong seuns wat as handelaars gewerf word en in die proses self verslaaf word. Sy het die dringende behoefte beklemtoon om bestaande programme te versterk om gemeenskappe, veral dié in landelike gebiede, op te voed oor die gevare van dwelmgebruik en die nadelige gevolge daarvan.