Duur Kanada ervaar uittog van immigrante

Die droom om dit groot te maak in Kanada, verander in ‘n stryd om oorlewing vir baie immigrante weens die hoë lewenskoste en huurtekorte. Eerste minister Justin Trudeau het immigrasie op die voorgrond gestel as gevolgvan Kanada se groot uitdaging van ‘n verouderende bevolking. Maar nou vind ‘n ommekeer plaas. In die eerste ses maande van 2023 het sowat 42 000 individue Kanada verlaat, wat bygevoeg is tot 93 818 mense wat in 2022 vertrek het en 85 927 in 2021. Berigte lui die land is eenvoudig te duur.