Duitsland sê nee vir verdere onderhandelinge oor volksmoord

Die Duitse en Namibiese ooreenkoms oor die volksmoord is weer in die nuus. Die Duitse parlementslid Sevim Dagdelen, voorsitter van die parlementêre groep van Die Lienke, is ontevrede oor die antwoord van die Duitse Federale regering op sy geskrewe vraag in die komitee vir buitelandse sake van die Duitse Bundestag, oor die Duits-Namibiese versoeningsooreenkoms. Dagdelen sê dit is sinies dat die ministerie van buitelandse sake onder leiding van die Groen Party van alle partye, voortgaan om die groot verontwaardiging onder die afstammelinge van die slagoffers van Duitse koloniale misdade, sowel as die Namibiese parlement, te verontagsaam. Die Groen Party staan kategories by sy nee tot her-onderhandelinge of nuwe onderhandelinge met Namibië.