Duitsland moet verskoning vra vir Namibië volksmoord: Steinmeier

Die president van Duitsland, Frank-Walter Steinmeier, sê dis hoog tyd dat die land Namibië om verskoning vra vir die volksmoord op die Nama’s en Ovaherero’s tussen 1904 en 1908. Hy het die rou- en begrafnisdiens bygewoon van wyle president Hage Geingob. Steinmeier sê hy het laat verlede jaar met Geingob gepraat en die Namibiese leier het sy wens uitgespreek dat Namibië en Duitsland ‘n gesamentlike verklaring moet uitreik. Dit moes Duitsland se aanspreeklikheid erken vir die volksmoord en onderneem om vergoeding- en ontwikkelingsteun te gee. Steinmeier het beklemtoon Duitsland bly verbind tot versoening.