Duitsland gaan verpligte inenting in Februarie instel

Die Duitse regering sal dit oorweeg om verpligte inenting teen Covid-19 vanaf Februarie in te stel. Die uittredende kanselier Angela Merkel sê sy het gehoop ‘n vrywillige benadering sal meer doeltreffend wees, maar dit was nie die geval nie. Mense in die land wat nie ingeënt is nie, sal voortaan verbied word om nie-noodsaaklike winkels binne te gaan en mag ook nie kulturele en ontspanningsplekke besoek nie. Merkel sê tandartse en aptekers is ingespan om te help met die toedien van entstowwe. Net minder as 69 persent van die Duitse bevolking is ten volle ingeënt, terwyl die regering streef na 75 persent.