Amerika verskerp reisregulasies

Die Amerikaanse President, Joe Biden, het aangekondig alle internasionale reisigers wat die land binnekom, moet ‘n dag voor vertrek vir Covid-19 toets, ongeag of hulle ingeënt is en van watter land hulle kom. New York, Colorado, Kalifornië en Minnesota het reeds gevalle van die Omikron-variant aangemeld. Minder as 60 persent van Amerika se bevolking is ten volle ingeënt, wat een van die laagste koerse onder ryk lande is. Biden sê die land is beter voorbereid as ‘n jaar gelede om Covid-19 en nuwe variante te bestry.