Duitsers sê volksmoord-gesprek dra niks by nie

Die Forum vir Duitssprekende Namibiërs sê die neiging in die kommentaar oor die volksmoord is nie net onaanvaarbaar nie maar dra ook nie positief by tot die debat nie. Die aanmerking volg na dreigemente deur die voormalige Swapo minister Kazenambo Kazenambo verlede week dat grond in Duitse besit afgevat sal word. Die forum se voorsitter Harald Hecht sê Duitsers in Namibië word in werklikheid gedreig en dit dra nie by tot enige versoening nie.