Duitse verbod op jagtrofeë sal katastrofies vir Namibië wees

Daar is plaaslik groot kommer oor aktivisme in Duitsland, en by die Europese parlement, teen die invoer van jagtrofeë. Sou daar ‘n verbod vanuit Duitsland kom, sal dit ‘n katastrofe vir die plaaslike jagbedryf wees. Die Botswana-regering het ook sy kommer oor die kwessie uitgespreek en sê sy bewaringsinisiatiewe sowel as privaatsektor ondernemings in die land, sal erg daaronder ly. Duitsers beslaan 36 persent van Namibië land se trofeejagters gevolg deur die VSA op 19 persent en Oostenryk op 7 persent. Volgens die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging Axel Cramer beslaan professionele jagters tussen 3 tot 5 persent van buitelandse besoekers aan Namibië maar dra meer as ‘n kwart van die totale inkomste vir toerisme by. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.