Befondsing van partye moet openbaar beskikbaar wees

Die belangrikheid van die openbaarmaking van befondsing vir politieke partye is weer in die nuus met die vrystelling van die Suid-Afrikaanse verkiesingskommissie se verslag oor befondsing in die buurland. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur by die Regshulpentrum, gesels oor die belangrikheid daarvan. Sy sê befondsing maak ‘skuld’ en kan partye dwing om beleid aan te pas ingevolge hul borge se wense.