Duitse ‘Uncle Sam’ soek sy geld Arnie

Duitsland het ‘n strafregtelike belastingsaak teen Arnold Schwarzenegger gebring na hy ‘n duur horlosie die land ingebring het sonder om dit te verklaar. Die 76-jarige Hollywood-ster en voormalige goewerneur van Kalifornië is vir drie ure aangehou nadat hy op ‘n vlug van Los Angeles aangekom het. Die Switserse luukse handelsmerk Audemars Piguet-horlosie, wat hy besit, was vir ‘n veiling in Oostenryk bestem om geld vir klimaatsverandering in te samel. Owerhede se kredietkaart-masjien wou nie werk nie toe vat hulle hom na ‘n OTM toe maar hy kon nie genoeg geld trek om die invoerbelasting te betaal nie en die bank was gesluit. Terug by die lughawe het ‘n ander kaartmasjien gewerk en die belasting is betaal.