Beleid vir studentehulp kan studente knou

Universiteite in Suid-Afrika het gewaarsku die voorgestelde studentelenings-beleid kan die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente knou. Die lening sal huishoudings met ‘n jaarlikse inkomste van tussen 350 000 en 600 000 Suid-Afrikaanse rand bevoordeel. Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, se aankondiging van lenings vir die sogenaamde verlore middelklas het ten doel om diegene te help wat nie hul studies kan bekostig nie. Die uitvoerende hoof van Universiteite SA, Phethiwe Matutu, vra dat die nuwe beleid se volhoubaarheid ondersoek moet word: