Duitse supermodel sterf aan borskanker

Die Duitse model,Tatjana Patitz is op 56-jarige ouderdom weens borskanker oorlede. Sy was in die tagtiger en negentiger-jare een van die bekendste internasionale modelle. Patitz is beskou as een van die top vyf supermodelle wat saam met Naomi Campbell, Christy Turlington, Linda Evangelista en Cindy Crawford op die voorblad van Vogue verskyn het. Die vyf het ook verskyn in die bekende musiekvideo van die sanger, George Michael “Freedom”.