Duitse SAP betaal miljardes in boetes vir omkopery

Die Duitse sagtewarereus SAP het ingestem om 4,1 miljard Namibiese dollar te betaal om omkopery-ondersoeke in Amerika en Suid-Afrika te skik. Die onderneming het erken hy het omkoopgeld betaal om kontrakte van staatsondernemings, insluitend Eskom, te verkry tydens die staatskapings-era. Die skikking is met die Amerikaanse Departement van Justisie, die Sekerheids- en Uitruilingsommissie en Suid-Afrikaanse owerhede bereik. SAP sê hy het stappe gedoen om sulke wangedrag in die toekoms te voorkom en om sy nakoming- en etiekprogram te verbeter.