Duisende vasgekeer by Burning Man
’n Ondersoek is van stapel gestuur na die dood van ’n persoon tydens stortreën by die Burning Man-fees in die Amerikaanse deelstaat Nevada. Meer as 73 000 mense is steeds gestrand by die geleentheid nadat drie maande se reën in soveel dae neergestort het en die terrein in ‘n klei-modderbad verander het. Toegang tot die terrein is gesluit en feesgangers is aangesê om skuiling te soek en hul kos en water te bewaar. Burning Man word in die Black Rock Desert gehou, wat gewoonlik droog en stowwerig is. Die akteur Chris Rock wat ook daar was, het amper 10 kilometer geloop om by ‘n hoofroete te kom waar hy en DJ Diplo duimgery het.