Duisende staan tou om lykblom te sien, en stank te ruik

Die ‘lykblom’, Titum arum, in Adelaide se Botaniese Tuine in Australië, het klaar geblom en duisende besoekers in die 48-uur wat dit plaasgevind het, gelok. Die plant, wat eers op die ouderdom van tien jaar blom, en dan ook net elke derde tot vyfde jaar, ruik soos verrottende vleis om vlieë na sy stuifmeelstam te lok om sodoende die plant in vrot vleis in die natuur te versprei. Die reuse-blom bereik die hoogste stank in die eerste 24 uur en verlep gewoonlik binne 48 uur. Die reuk is sterker op ‘n afstand omdat die blom so ontwerp is om die reuk af te pols, soos ‘n lugverfrisser. Die lykblom is inheems aan die reënwoude van Wes-Sumatra, Indonesië, en is gelys as bedreig op die Internasionale Unie vir Natuurbewaring se Rooilys van Bedreigde Plante. Daar word beraam dat daar minder as 1 000 individuele plante in die natuur oor is.