Duisende operasies kon weens pandemie nie by Groote Schuur uitgevoer word

Die Groote Schuur-hospitaal, een van Kaapstad se voorste tersiêre akademiese hospitale, sê meer as 10 000 operasies kon weens die Covid-pandemie oor die afgelope twee jaar nie uitgevoer word nie. Die hoof van algemene chirurgie, Lydia Cairncross, sê daar was vertragings met die meeste mediese prosedures en meeste van hulle bronne is herlei om na Covid-pasiënte om te sien. Na wat berig word het Gift of the Givers vyf miljoen rand aan die hospitaal geskenk om die agterstand in mediese prosedures aan te spreek.