Duisende mense uit omgewing van aktiewe vulkaan verwyde

Duisende mense is uit die omgewing van ‘n aktiewe vulkaan op die Oos-Karibiese eiland St Vincent ontruim. Die vulkaniese aktiwiteit van Mount La Soufrière het dié week toegeneem en sowat 16-duisend mense is opdrag gegee om hulle huise te verlaat. Hulle het tydelike huisvesting op passasierskepe en veiliger gebiede op die eiland ontvang. Dit is die eerste vulkaniese uitbarsting op die eiland in 40 jaar, terwyl die ergste een 119 jaar gelede plaasgevind het. Meer as ‘n duisend mense is tydens ‘n uitbarsting in 1902 dood.