Duin-eksursies? Jy’t ‘n permit nodig
Besoekers aan die kus word daaraan herinner dat ‘n permit bekom moet word vir duin-ekskursies op vierwiel-motorfietse of vierwiel aangedrewe voertuie. Die permitte en plakkers is by die omgewingsministerie se kantore beskikbaar. Lede van die publiek word gewaarsku dat sonder die nodige permit word voertuie nie in die duine toegelaat nie. Verder word geen motorfietse of vierwiel-motorfietse op die strand tussen die Swakoprivier en Sandvis-hawe, Pelicanpunt ingesluit, toegelaat nie. Daar is verskeie ander verbode gebiede en besoekers kan die nodige inligting by die ministerie bekom.