Duikers is op soek na die Chinese ballon

Amerikaanse vlootduikers werk daaraan om die wrak van die Chinese toesigballon wat aan die kus van Suid-Carolina afgeskiet is, terug te vind. Dít sodat kenners sy toerusting kan begin ontleed. Vegvliegtuie het die tuig oor Amerikaanse territoriale waters afgeskiet en puin is oor ‘n wye gebied versprei. Die VSA glo die ballon het sensitiewe militêre terreine gemonitor terwyl Beijing sê dit was ‘n weerballon. Die kwessie het in ‘n diplomatieke herrie ontaard.