Dubois oorheers Joshua wat in 5de val

Brittanje se Daniel Dubois het die tweemalige wêreldkampioen en landgenoot Anthony Joshua verstom met ‘n vyfde ronde uitklophou om sy IBF-wêreldswaargewigbokstitel by ‘n stampvol Wembley-stadion te behou. Dubois het Joshua in die openingsronde grond toe gevat en van daar, was dit ‘n eenman-geveg met Joshua wat weer af is in die derde en vierde rondtes voor die laaste uitkophou in die vyfde. ‘n Rekord 96 000 skare het die geveg in Wembley-stadion in Londen bygewoon.