Duane hoop om uit te draf

Duane Vermeulen is in ‘n wedloop teen tyd gewikkel om sy droom om die Britse en Ierse Leeus as ‘n Springbok te pak, te verwesenlik. Vermeulen moet geopereer word nadat hy sy enkel beseer het tydens verlede Vrydag se Reënboog-bekerwedstryd tussen die Bulle en die Stormers. Die eerste toets word op 23 Julie in Kaapstad gespeel, dus het Vermeulen minder as sewe weke om te herstel. Twaalf jaar gelede was hy ‘n lid van die opkomende Springbok-span wat gelykop teen die Leeus gespeel het.