Drukgroep sê fluitjieblasers oet beskerm word

Die Suid-Afrikaanse drukgroep Defend our Democracy vra om meer beskerming vir fluitjieblasers in die land. Die organisasie het gister ‘n brief aan die Parlement oorhandig waarin woede oor die moord op ‘n senior beampte van die Gesondheidsdepartement, Babita Deokaran, uitgespreek word. Sy was ‘n getuie in die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na die provinsiale department se skandaal met persoonlike beskermingstoerusting. Riaan de Villiers van Defend our Democracy sê fluitjieblasers is belangrik en moet om die rede beskerm word: