Drukgroep sal Botswana-uitspraak oor skietdood van 4 bywoon

Die herrie rondom die skietdood van drie Namibiërs en hulle Zambiese neef in November 2020 teen die Botswana-grens duur voort. Die Namibian Lives Matter-beweging sal na Botswana reis om die uitspraak van die buurland se doodsondersoek aan te hoor wat op 20 Januarie gelewer sal word. Dit kom nadat die beweging verlede jaar die hof genader het vir ‘n geregtelike doodsondersoek na die dood van die vier deur soldate van Botswana in November 2020. Sinvula Mudabeti Namibian Lives Matter-beweging se nasionale uitvoerende voorsitter.