Druk op kospryse, brandstof sal afneem

Ekonome verwag die druk op voedsel- en brandstofpryse sal in die komende maande afneem. Die Buro vir Ekonomiese Navorsing in Suid-Afrika meen die afwaartse neiging in wêreldwye oliepryse opgemerk, kan lei tot ‘n daling in brandstofpryse. Die buro se woordvoerder, Lisette Ijssel de Schepper, sê met voedselinflasie wat ook ‘n hoogtepunt bereik het, sal die prysdruk op beide noodsaaklikhede vir verbruikers waarskynlik afneem: