Druk op huishoudings krimp Namibië se BBP

Namibië is nie gespaar van die vinnig stygende inflasie en rentekoerse wat die afgelope jaar en ‘n half oor die hele wêreld ervaar is nie. Dit het kommer oor huishoudelike verbruikers-dinamika laat ontstaan, gegewe die druk op besteebare inkomste. Alhoewel daar ‘n toename in salarisse was, het die verswakking van huishoudelike verbruiksbesteding ‘n impak op algehele ekonomiese groei, aangesien verbruiksbesteding 78 persent van die BBP uitmaak. Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…