Druk neem toe teen SA om teen Bain op te tree

Die Finansiële en Fiskale Kommissie vra Suid-Afrika moet die Verenigde Koninkryk se voorbeeld volg en beslissende stappe doen teen die maatskappy Bain. Die Britse regering het die maatskappy drie jaar lank verbied om in die openbare sektor te werk. Die internasionale konsultante-firma word van growwe professionele wangedrag beskuldig vir sy beweerde aandeel in die kaping van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die kommissie se voorsitter, Patience Mbava, vra Suid-Afrika moet optree.