Droogtehulp werk nie eintlik vir kommunale boere nie
Die streekleierskap in Kavango-Wes het ‘n beroep op die Ramprisikobestuurskomitee gedoen om die droogtehulpprogram vir vee te ondersoek, aangesien dit sommige kommunale boere benadeel. Die leierskap het die kwessie geopper tydens die besoek van adjunk-premier John Mutorwa aan die streek om homself te vergewis van die uitvoering van die program op streeksvlak. Die subsidieprogram het verlede jaar in Oktober begin, waar die regering 50 persent van die veevoer wat boere aankoop, sou vergoed. Joseph Sikongo, die voorsitter van die Kavango-Wes-streekraad, sê nie alles wat in ‘n kommersiële gebied werkbaar is, kan in ‘n gemeenskaplike gebied werkbaar wees nie.