Droogtehulp het probleme, maar dis steeds positief

In Junie verlede jaar het die regering aangekondig dat boere in die Omaheke-, Kunene-, Omusati-, Karas-, Hardap- en dele van die Erongo-streke by die regering se lewendehawe-ondersteuningsprogram sal baat. Die vee-ondersteuning- en droogtehulpprogram is beplan om boere wat swaar getref is deur die droogte te ondersteun tot 31 Maart vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Manuel Ngaringombe, die sekretaris-generaal van die amptelike opposisie die Popular Democratic Movement, gepraat wat sê daar is ‘n paar probleme met die uitdeel van die droogtehulp maar dit is nog steeds ‘n positiewe inisiatief.