Droogte: Eerste minister sê kwesbare streke is reeds geïdentifiseer

Daar is kommer oor die droogte in Namibië nadat sekere dele van die land geen reën gehad nie. Calle Schlettwein, die landbouminister het reeds in die parlement op vrae oor die kwessie gereageer en bevestig die land moet voorberei vir ‘n droogte. Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sekere streke wat geïdentifiseer is vir moontlike voedselhulp-programme vir gemeenskappe wat deur die droogte en mis-oeste geraak word.