Droogte dwing VSA-boere om kudde te verminder, pryse skiet op

Amerikaanse verbruikers worstel op die oomblik met ‘n probleem waarmee Namibiërs baie goed vertroud is. Terwyl die land steier onder stygende inflasie is die prys van beesvleis ook besig om skerp toe te neem omdat boere nie net kuddes verminder het nie maar ook sukkel met hoë voerkoste en ‘n rekorddroogte. Die afname in beesgetalle, gekombineer met stygende insetkoste vir ander produksie-uitgawes, het ook veroorsaak dat die daling in graanpryse in daardie land nie in die korttermyn laer voedselpryse op winkelrakke sal beteken nie.