Dronkbestuur vier hoogty

Gemeet aan die aantal gevalle in die polisie se naweek-misdaadverslag, hou Namibiërs nie op om dronk te bestuur nie. In een van die gevalle wat aangemeld is het twee mans, beide onder die invloed van alkohol, Saterdagaand geweier om mekaar die reg van weg te gee in Sam Nujoma-laan, Walvisbaai. Dit het tot ‘n botsing gelei waarin ‘n voetganger ernstig beseer en na die Walvisbaai-staatshospitaal geneem is. Die mans is in hegtenis geneem.