Droë, warm toestande is ideaal vir hondsdolheid

Kenners waarsku dat die droë somerseisoen die piekseisoen vir hondsdolheid is. Hondsdolheid is ‘n groot kommer vir boere in Namibië en kom toenemend in wilde diere, veral koedoes voor. Inenting van wilde diere word met ‘n pylgeweer uit ‘n helikopter gedoen. Dr. Theuns Laubscher, ‘n veearts van die Windhoek Veeartsenykliniek, sê Namibië se hondsdolheidkenner, dr. Rainer Hassel ondersoek op die oomblik ‘n mondelingse inentingsmetode.