Biden vaar weer uit teen Trump

Die Amerikaanse President Joe Biden het ‘n toespraak by Independence Hall in Philadelphia gelewer. Biden is op die oomblik besig met verskeie byeenkomste in aanloop tot die middeltermyn verskiesing wat in November gehou word. Biden maak nie gereeld melding van sy voorganger Donald Trump nie, maar in Philadelphia het hy redelik skerp teen hom uitgevaar.