DRK-vloede eis 600, duisende huise verwoes
Meer as 600 mense is dood in fratsvloede in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Swaar reën het geboue verwoes en reddingswerkers is gedwing om liggame in stapels te plaas. Daar word berig ‘n plaaslike regeringshoof het ‘n beroep gedoen vir onmiddellike bystand en sê die omvang van die skade is onbeskryfik. Inwoners beraam meer as 75 persent van huise in die dorpie Nyamukubi is in die vloedwater meegesleur. Swaar reën het ook oorstromings en grondstortings in Rwanda veroorsaak en minstens 130 mense het omgekom. Meer as 5 000 huise is vernietig.