DRK, Rwanda stoei weer oor soldate

Die Demokratiese Republiek van die Kongo het Rwanda daarvan beskuldig dat hy 500 spesiale magte in vermomming oorgrens na die Kongolese gebied gestuur het, maar Rwanda se weermag woordvoerder het gesê dit is onwaar. In ‘n verklaring sê die Kongolese weermag die Rwandese spesiale magte, wat ‘n groen-swart uniform dra wat verskil van hul gewone uniform, is in die Tshanzu-gebied in die Noord-Kivu-provinsie, wat aan Rwanda grens, ontplooi. Dit het ‘n beroep op die plaaslike bevolking gedoen om versigtig te wees en enigiemand wat hulle sien wat groen-swart uniforms dra aan die kaak te stel. Die Kongo beskuldig Rwanda daarvan dat hy die M23-rebellegroep aktief ondersteun.