Drink verantwoordelik, maan Wes-Kaapse owerhede

Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, doen ‘n beroep op inwoners om verantwoordelik op te tree en te waak teen beserings wanneer hulle alkohol gebruik. Die Rampbestuurswet se regulasies is verslap en mense mag vandag in die buurland alkohol koop. Fritz se woordvoerder, Wade Seale, sê die provinsiale drankowerheid het verlede naweek 209 inspeksies uitgevoer en 63 was op minderjariges gemik. Hy voeg by 18 sake van nie-nakoming is aanhangig gemaak, ses lisensiehouers is beboet en een lisensie is teruggetrek: