Dringende hofaansoek om Mango onder sakeredding te plaas

Die Mango-vlieëniersvereniging, die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging en die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika het ‘n dringende aansoek by die Suid-Gautengse hooggeregshof ingedien om die lugredery onder sakeredding te plaas. Mango het uiteindelik gereageer op sy dringende aansoek wat Dinsdag aangehoor word. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het ook versoek dat die hof Ralph Lutchman as sakereddingspraktisyn aanstel.