Drieledige ooreenkoms knap Otji se paaie op

Die Otjiwarongo-munisipaliteit in die Otjozondjupa-streek het ‘n nuwe vloot swaar padopgraderingsmasjinerie aangeskaf om onder meer slaggate, wat ‘n oogseer en gevaarlik is, te herstel en groot paaie en kruisings in die dorp op te gradeer. Daar was talle klagtes daaroor, veral op sosiale media. Deur ‘n drieledige memorandum van ooreenkoms tussen die Padowerheid, die Padfondsadministrasie en die raad, is 71 miljoen Namibiese dollar opsy gesit vir die opgradering van hoofpaaie wat met geselekteerde stedelike paaie verbind, wat oor drie jaar gedoen sal word. Die streeksgoewerneur James Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.