Driehonderd nuwe Covid-gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag 300 nuwe Covid-19-gevalle in agt streke uit 2 131 toetsuitslae bevestig. In die groep is 26 leerders, 5 onderwysers, 13 studente en 12 gesondheidswerkers. Die Khomas-streek het die hoogste getal gevalle van 199. Ses sterfgevalle is in onderskeidelik Windhoek, Oshakati en Walvisbaai aangemeld. Die herstelkoers is 92%.