Drie vermeende veediewe van Otjimbingwe borgtog geweier

Drie vermeende veediewe van Otjimbingwe bly in aanhouding nadat hulle in die landdroshof op Karibib in die Erongo-streek verskyn het. ’n Senior raadslid van die Tsoaxdaman Tradisionele Owerheid by Otjimbingwe, Jonathan Neumbo, en broers, die 27-jarige Valladon Mouton en 25-jarige Ruchan Mouton, het in die hof verskyn het op aanklagte van korrupsie en veediefstal. Boere en inwoners van die omgewing het by die hof teen hul borgtog betoog, aangesien hulle erg gebuk gaan onder veediefstal en wildstropery. Die verdagtes is in aanhouding tot hul volgende verskyning op 17 Januarie 2023.