Drie verdagtes in Rundu-hof ná aanval op onderwyser
Drie van die agt verdagtes wat ‘n onderwyser by ‘n skool in Rundu aangeval en beroof het, is aangekla en verskyn vandag in die landdroshof op die dorp. Die onderwyseres is verlede week terwyl sy klas gegee het, van haar handsak met sowat 14 000 Namibiese dollar kontant in, beroof. Volgens die Namibiese polisie in die Kavango-Oos-streek is die wegkom-voertuig, weggesteek in ‘n erf in die Sauyemwa-nedersetting, Saterdag gevind. Die nommerplaat op die voertuig is egter tydens die rooftog verwyder en later vervang. Volgens Nampol word een van die verdagtes in ander sake in Windhoek gesoek. Die slagoffer se handsak is ook Sondag gevind met haar dokumente gestrooi in die bosse.