Drie veranderings aan Springbok-vroue vir môre

Die Springbok-vrouespan speel môre in Madrid in ʼn toets teen Spanje en die tussentydse afrigter, Louis Koen, het drie veranderinge aan sy beginspan aangebring. Een speler sonder toetservaring is op die bank. Byrhandré Dolf begin op heelagter, Chumisa Chawe is in die middelveld en Sinazo Mcatshulwa is op flank, nadat al drie verlede naweek teen Kanada van die bank af speelkans gekry het. Koen glo daar is sekere gebiede waarop hulle teen die tuisspan sal fokus: