Drie veranderings aan Bok-span teen All Blacks

Rugby: Springbok-afrigter Jacques Nienaber het drie veranderings gemaak aan die opdrafspan wat in die laaste toets teen Wallis diens gedoen het, vir hulle eerste Rugby Kampioenskapwedstryd teen Nieu-Seeland Saterdag in Mbombela. Malcolm Marx draf vir die 50ste keer vir Suid-Afrika uit. Hy speel op haker in die plek van Bongi Mbonambi, terwyl Faf de Klerk op skrumskakel sal wees in ‘n rotasie-skuif met Jaden Hendrikse. Kurt-Lee Arendse speel sy tweede toets op regtervleuel in die plek van die beseerde Cheslin Kolbe. Op die bank vervang die slot Salmaan Moerat vir Elrigh Louw.