Drie veediefstal gevalle oor die naweek

Veediefstal is op die oomblik ‘n bron van kommer vir boere regoor die land en volgens die weeklikse polisie misdaadverslag is daar drie gevalle oor die naweek bevestig, almal in die Suide, by Rehoboth en Tses. Vyf is in hegtenis geneem op klagte dat hulle bokke gesteel en geslag het by Tses. Owerhede sê die karkasse is teruggevind. In Rehoboth is skaap gesteel en geslag en een verdagte is in hegtenis geneem. Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat veediefstal in die land nie net handel oor opportunistiese gevalle nie maar dat daar ook moontlik sindikate betrokke kan wees.