Drie vas vir dagga

Die Namibiese polisie het weer beslag gelê op verskeie dwelms oor die naweek. Volgens die mag se weeklikse misdaad bulletin is twee verdagtes vas in Walvisbaai nadat hulle met dagga gevind is. Volgens die polisie is daar onderskeidelik op dagga ter waarde van 2 250 Namibiese dollar en 800 dollar beslag gelê. In Mariental is ‘n 18-jarige in hegtenis nadat hy in besit gevind is met dagga ter waarde van 19 000 dollar. Al drie sal na verwagting vandag in die hof verskyn.