Drie vas in Noordwes oor perlemoen

Die polisie in Noordwes het drie verdagtes in hegtenis geneem weens die onwettige besit van perlemoen. Die inhegtenisnemings volg nadat die polisie inligting ontvang het oor perlemoen wat uitgedroog word langs die Kerklaanpad, Bainsvlei in Bloemfontein. Die trio is deur lede van die Bloemfonteinse Valke betrap in besit van ongeveer 188 kilogram droë, sowel as nat perlemoen. ‘n Polisiewoordvoerder, Christopher Singo, het bevestig die verdagtes verskyn vandag in die hof.